NewsNews

Hulle help, sal jy ook?

Dankie vir hulle wat alreeds betrokke is.

Biltong Valley het na Gazette se berig oor die skoonmaakprojek by die spruit agter die Sasol-vulstasie in die hoofstraat van Parys, vanmiddag 200 leë voersakke geskenk vir Saterdag 22 September se skoonmaakaksie by die spruit. Dit nadat spesifiek ook gevra is vir herbruikbare vullissake vir die projek.

Verskeie ander inwoners het ook vandag aangedui dat hulle Saterdag sal help   om die gemors wat deur verbygangers, mense sonder heenkome en selfs ander hier gegooi word, op te ruim.

Gemors wat uiteindelik in die Vaalrivier beland.

Dieselfde rivier waaruit Parys sy drinkwater onttrek. Iets wat elke inwoner in Parys raak.

Saterdag se skoonmaakaksie begin om 08:00 en is  ’n gemeenskapsgedrewe projek.

Selfs al kan jy net ’n uur van jou tyd afstaan, elke gewillige hand, elke positiewe gesindheid, elke minuut maak ’n verskil.

Die Vaal Action Group sal sy hulpbronne tot beskikking stel van Jan en Ann Bester wat hul inisiatief drie weke gelede begin het om strate, parke en oop velde in die dorp skoon te maak.

Sedertdien is die egpaar en vrywilligers  elke Saterdag vir ‘n uur lank besig om op verskillende plekke in die dorp skoon te maak. ’n Klein begin wat ’n  groot verskil in ’n gemeenskap kan maak.
Sal jy kom help Saterdag?

Al wat nodig is, is:
– Bakkies, sleepwaens of kleiner vragmotors om die vullis mee weg te ry.
– Jou eie beskermende handskoene
– Maskers vir die stof word aanbeveel. Sasol het ’n skenking vir maskers gemaak, maar dit is nie genoeg vir almal nie. Sodra dit moontlik is, sal nog voorsien word. _
– Waterstewels of ander “werkskoene” word aanbeveel.
– Harke, tuinvurke, bossiekappers, boomsae, grawe en ander tuingereedskap as jy het.

– Genoeg water om te drink.

Gewone vullissakke word aan helpers voorsien danksy ’n skenking wat ontvang is.

Daar is ook ’n dringende behoefte aan vullisdromme vir hierdie omgewing om te help om dit skoon te hou.

Onthou dat hierdie ’n welwillendheidsprojek is en dat daar geen vergoeding sal wees nie.
Deelnemers doen dit op eie risiko en die organiseerders sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies of skade nie.

Sal jy ook help?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button