NewsNews

ALFA ‘n fees vir die landbouer

'n Gesinsfees en alles en nog wat vir die landbouer.

ALFA-fees (African Livestock Trade Fair) 2018 kan met reg as een van die landbou se spog vertoonvensters beskryf word wat jou aan ‘n Nampo in die kleine op eie bodem herinner. Vanjaar bied die fees by die AfriDome in Parys selfs ‘n nog meer uitgebreide program met die lewende hawe komponent wat heelwat uitgebrei is.

Al die onderskeie waardekettings van die veebedryf word hanteer, van rooivleis tot suiwel, en natuurlike vesel, terwyl  daar ook ‘n internasionale fokus is. Naas die talle uitstallers is daar kompetisies, demonstrasies, werkswinkels wat vir die eerste keer ook werkshonde en werksperde insluit, asook heelwat veilings.

Kenners staan reg om vrae te antwoord en kundige raad te gee, terwyl die fees by uitstek homself leen tot ‘n familie uitstappie waar dit gekyk, geleer, beleef en gesmul kan word by ‘n verskeidenheid van kosstalletjies. Trek jou tekkies aan, sit op jou sonhoed en kom verken die die terrein wat van hoek tot kant benut is vir uitstalruimte.

Die fees loop môre, 20 September ten einde. Kaartjies is beskikbaar by Parys Info in Waterstraat, jou naaste Hinterland-tak of by Quicket by https://www,quicket.co.za/events/34150-alfa-2018/#/

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button