NewsNews

Groot deurbraak met veediefstalondersoek

Nog arrestasies mag volg.

Drie verdagtes wat moontlik met verskeie misdade in die distrik waaronder veediefstal, verbind kan word, is Dinsdagoggend 18 September  in hegtenis geneem. Nog arrestasies mag volg.
Die drie verdagtes is in die Fochville-distrik vasgetrek en beslag is gelê op ’n vragmotor waarin drie beeste van die Dawid Malan Boerdery in Fochville, gevind is.
Die arrestasie is moontlik gemaak danksy baie goeie samewerking van lede van die Interprovinsiale Veediefstal Forum, die Koepel Veediefstal Inligting Sentrum (VIS), SAPD lede, Misdaadintelligensie, boere van die distrik en lede van die Vaal Rampbestuurvereniging langs die R500.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button