NewsNews

Sal jy kom help?

Skokkend vuil.

Dit is hoe dit lyk by die spruit net agter die Sasol vulstasie in die hoofstraat van Parys. Gemors wat deur verbygangers, mense sonder heenkome en selfs ander hier gegooi word. Uiteindelik beland hierdie gemors in die Vaalrivier.


Dieselfde rivier waaruit Parys sy drinkwater onttrek. Iets wat elke inwoner in Parys raak. Eerskomende Saterdag, 22 September om 08:00 begin ’n gemeenskapsgedrewe skoonmaakprojek, juis om hier skoon te maak in ’n poging om te keer dat dié vullis in die rivier beland wat reeds onder erge besoedeling deurloop.
Hierdie is ‘n oproep tot elke inwoner, elke toeris, die Ngwathe-munisipaliteit, gastehuise, besighede in die dorp, en selfs skole in Parys, Tumahole en Schonkenville wat omgee vir die omgewing waarin ons leef en werk, om Saterdag te kom help.
Selfs al kan jy net ’n uur van jou tyd afstaan, elke gewillige hand, elke positiewe gesindheid, elke minuut maak ’n verskil.
Die Vaal Action Group sal sy hulpbronne tot beskikking stel van Jan en Ann Bester wat hul inisiatief drie weke gelede begin het om strate, parke en oop velde in die dorp skoon te maak.
Dit nadat hulle daagliks verby die vuil en verwaarloosde parkie in Eerstelaan gery het, en besluit het dat hulle self ’n verskil sal maak. Sedertdien is die egpaar en vrywilligers  elke Saterdag vir ‘n uur lank besig om op verskillende plekke in die dorp skoon te maak. ’n Klein begin wat ’n  groot verskil in ’n gemeenskap kan maak.
Sal jy kom help Saterdag? Al wat nodig is, is:
– Bakkies, sleepwaens of kleiner vragmotors om die vullis mee weg te ry.
– Jou eie beskermende handskoene
– Maskers vir die stof word aanbeveel. Sasol het ’n skenking vir maskers gemaak, maar dit is nie genoeg vir almal nie. Sodra dit moontlik is, sal nog voorsien word. _
– Waterstewels of ander “werkskoene” word aanbeveel.
– Harke, tuinvurke, bossiekappers, boomsae, grawe en ander tuingereedskap as jy het.
– Herbruikbare vullissakke. Gewone vullissakke word aan helpers voorsien danksy ’n skenking wat ontvang is.
– Genoeg water om te drink.
Daar is ook ’n dringende behoefte aan vullisdromme vir hierdie omgewing om te help om dit skoon te hou.
Onthou dat hierdie ’n welwillendheidsprojek is en dat daar geen vergoeding sal wees nie.
Deelnemers doen dit op eie risiko en die organiseerders sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies of skade nie

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button