NewsNews

Konstitusionele hof sê oor dagga

Só sê konstitusionele hof oor dagga.

Jy mag maar in private ruimtes. Só sê die Konstitusionele Hof.

Daggagebruikers kan ingevolge ‘n eenparige Konstitusionele hof uitspraak in Johannesburg, nou dagga in privaatheid rook en kweek.

Dit beteken dat dit voortaan dus nie meer ‘n strafregtelike oortreding sal wees vir ‘n volwassene om dagga te gebruik of in hul besit te hê in (enige) private ruimtes nie.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het namens die volbank van regters beslis dat die artikels van die Wet op Dwelms wat hier ter sprake is, en die Gesondheidswet ongrondwetlik is. Hiermee is ‘n vroeëre uitspraak deur die Kaapstadse hooggeregshof waarteen geappelleer is, bekragtig.

Netwerk 24 berig die hooggeregshof uitspraak volg nadat drie eisers wat dagga vir geestelike en gesondheidsredes gebruik, in 2016 die aansoek by die hof ingedien het. Die ministers van justisie, maatskaplike ontwikkeling, gesondheid, handel en nywerheid, internasionale betrekkinge en samewerking, die polisie en nasionale vervolgingsgesag het hulle toe tot die konstitusionele hof gewend om die hooggeregshof uitspraak ter syde te laat stel.

Luidens ‘n berig van News24, is daar egter nie in regter Zondo se uitspraak gesê hoeveel gram dagga ‘n persoon mag besit of gebruik nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button