NewsNews

Onthou dis ALFA-fees dié week

Die nou reeds bekende ALFA-fees begin môre 18 September en duur tot 20 September by die AfriDome in Parys. Vanjaar se ALFA fees  (African Livestock Trade Fair) beloof om soos verlede jaar ’n toonaangewende vertoonvenster van die landbou te wees, maar met selfs nog meer hoogtepunte. Kaartjies vir ALFA 2018 is beskikbaar by Parys Info …

Die nou reeds bekende ALFA-fees begin môre 18 September en duur tot 20 September by die AfriDome in Parys. Vanjaar se ALFA fees  (African Livestock Trade Fair) beloof om soos verlede jaar ’n toonaangewende vertoonvenster van die landbou te wees, maar met selfs nog meer hoogtepunte.
Kaartjies vir ALFA 2018 is beskikbaar by Parys Info in Waterstraat, Parys, of by jou naaste Hinterland-tak, of by Quicket waar dit bespreek word by https://www.quicket.co.za/events/34150-alfa-2018/#/.
Vanjaar word die fokus by ALFA geplaas op interraskompetisies, slagosse en -lammers, die jeug, veilings en sosiale en landbou-ontwikkeling.
Die onderskeie waardekettings van die veebedryf sal almal hanteer word – van rooivleis tot suiwel, en natuurlike vesel, terwyl daar ook ’n  internasionale fokus sal wees.
Hoogtepunte waarna vanjaar uitgesien kan word is:
• Hinterland Nasionale Interrasvleisbeeskampioenskap.
• Vleissentraal Nasionale Versprestasiekampioenskap.
• GWK Hoëveld Suiwel-interraskam-     pioenskap.
• Nutri Feeds Moneymaker-vleiskoeikampioenskap.
• BKB Nasionale Kleinvee-prestasiekampioenskap.
• Barnlab Kleinvee-ekspo.
• Zoetis Intensiewe Skaapboer van die Jaar-kompetisie.
• Molatek Hoëveld Slagos- en Karkaskampioenskap.
• Sernick Opkomende Boere Slagos- en Karkaskompetisie.
• Cape Gate ALFA Mega-oskompetisie.
• Tal-Tec Slagvee-beoordelingsprogram.
• FNB Landbouskool van die Jaar-kompetisie.
• Voermol-jeugskou.
• Konsortium Merino-jeugskou.
• JSE Junior Wolhanteringskompetisie.
• Javlin Studenteprogram.
• MPO Kaasuitdaging.
• EPOL-werksperd ekspo.
• JOCK Hondekos-werkshonde ekspo.
• Suiwel Kleinvee-ekspo.
• Opti Feeds konyn-ekspo.

Dié foto’s is by die 2017 AlFA-fees in Parys geneem.Die fees is vandeesweek van 18 tot 20 September by die AfriDome in Parys.
Hiermee saam sal ’n aantal van Plaas Media se jaarlange kompetisies en projekte ook tydens ALFA 2018 ’n hoogtepunt bereik. Dit sluit onder andere in die aankondiging van die wenners in vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, wat gepaardgaan met ’n konferensie waartydens van die uitslae en tendense wat waargeneem is, bespreek sal word.
Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie sal by die ekspo beslis word en sal ook saamval met ’n junior kompetisie.
Die finale rondte van Plaas Media se Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie word tydens ALFA 2018 gehou en die wenners in hierdie eerste-van-sy-soort kompetisie sal daar gekroon word.
’n Besliste hoogtepunt is die Standard Bank Meriete toekennings, wat tydens die ALFA gala-dinee op 20 September plaasvind, en waartydens pioniers en voorlopers in die landboubedryf vereer sal word.
’n Uitgebreide veeprogram
Die lewendehawe-komponent van die ekspo is vanjaar heelwat uitgebrei, en die nuwe aanbieding sluit werkswinkels en demonstrasies oor werksperde en werkshonde in. Terselfdertyd sal daar ook varke en hase te sien wees. Daar is weer veilings op die spyskaart, waaronder die SA Vleismerino Jong Ram veiling.
Fokus op landbou-ontwikkeling
Nog ’n eerste op vanjaar se program is die FEAD-uitstalling, wat gemik is op landbou-ontwikkeling en wat blootstelling sal bied aan suksesvolle hervormingsprojekte. SA Stamboek bied sy teelsimposium by ALFA 2018 aan, terwyl ’n aantal van dié organisasie se Elite-streekstoekennings ook tydens ’n spe-siale funksie oorhandig sal word.

Related Articles

Back to top button