EntertainmentNewsNewsSportSport

Veerpyltjiespelers hou die streek se naam hoog

‘n Groep veerpyltjiespelers van Carletonville gaan binnekort die streek tydens dié sport se nasionale kampioenskap verteenwoordig.

‘n Groep veerpyltjiespelers van Carletonville gaan binnekort die streek tydens dié sport se nasionale kampioenskap verteenwoordig.

Jacques Coetzee, Hennie Jacobs, Ben Minnie, Morne Coetzee en Johan Joubert gaan van 5 tot 10 Julie as deel van die Wesrand-span aan die nasionale veerpyltjiekampioenskap by Kiplerpark deelneem.

Die spelers, almal lede van die CBC (Carletonville Bowling Club) veerpyltjieklub, is op grond van die punte wat hulle van middel Julie verlede jaar tot middel Mei vanjaar bymekaargemaak het, beoordeel.

Hulle moes teen spelers van klubs van Krugersdorp, Randfontein en Roodepoort, waar daar drie klubs is, meeding om plekke in die span te kry. Wat hul prestasie nog meer besonders maak, is die feit dat vyf van die Wesrand-span se agt lede uit Carletonvillers bestaan. Die Wesrand-span neem ook in die B-divisie, die tweede hoogste vlak waarop veerpyltjies in die land gespeel kan word, deel.

Van die CBC klub se lede het ook die afgelope tyd in ander kompetisies soos byvoorbeeld kragmetings tussen spelers van myne en die polisie presteer.
Wanneer hulle nie aan groot kompetisies deelneem nie, meet die lede tydens kleiner byeenkomste by die klub kragte. Só neem lede elke Woensdag aan ‘n interne liga deel terwyl daar Maandae vir punte in die Wesrand-liga meegeding word. Sondae van 10:00 word vriendskaplike kompetisies gehou.

Al dié aksie vind by ‘n saal by die Carletonville Rolbalbaan plaas. Die klub het in dié stadium sowat 25 lede, waarvan sewe aan groter liga’s deelneem.

Related Articles

Back to top button