News

Oplettendheid help om 2 vas te trek vir kabeldiefstal

Oplettendheid lei tot arrestasie.

Die oplettendheid van n munisipale werker het gelei tot die arrestasie van 2 kabeldiewe wat doodluiters gisteraand (Donderdag 13 September) n sloot by die ingang na die Parys Watersuiweringswerke gegrou het waar elektriese kabels gesteel is.

Volgens die Ngwathe Munisipaliteit se woordvoerder, mnr Steve Naale, het die werker wat op die terrein was onraad vermoed toe hy vreemde geluide gehoor het en gaan ondersoek instel. Hy het dadelik hulp ontbied.

Die kabeldiewe, onbewus van die werker se teenwoordigheid, het doodluiters voortgegaan met hul grouery. Intussen is die Ngwathe bestuur ook in kennis gestel van kragprobleme en is hulle ook na die Waterwerke.

Twee mans is deur die polisie in hegtenis geneem en n klag van diefstal word nou ondersoek. Teen Gazette se ter perse gaan was die mans nog in aanhouding.

Ongelukkig is daar met die  diefstal groot skade aangerig onder meer aan n waterpyp, en het dit ook n kortsluiting op 1 van die elektriese kabels tussen die brug na die nywerheidsgebied en provinsiale verkeerskantore veroorsaak.

Gedeeltes van die dorp was as gevolg hiervan vanoggend sonder krag maar is kragtoevoer intussen herstel. Die grootste deel van die dorp was nie geraak deur die kragonderbreking nie.

Dankie vir sulke oplettendheid en vinnige optrede.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button