Karla is op die ouderdom van drie jaar met graad 4-nierkanker in albei haar niere gediagnoseer. Na behandeling, operasies, biopsies en skanderings is haar ouers, Laurika en Japie, in November 2014 meegedeel dat Karla kankervry is. Drie jaar later het die kanker ongelukkig hervat.
Die behandeling waarvoor Japie en Laurika hul dogter wil neem is Viro Immuno Oncolytic behandeling. Dit word in Letland (Latvia), Rusland gedoen en daar word tans fondse ingesamel sodat Karla die behandeling kan ondergaan.
Daar is ‘n trustrekening vir Karla geopen. Diegene wat ‘n finansiële bydra wil maak, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:
FNB Meyerton
Rekeningnommer: 62776569348
Takkode: 250137