Groot opgewondenheid vir hul eerste skooljaar
Krone op die kop en ogies wat blink van opgewondenheid, het hul styf teen mekaar op die skoolbus se banke gesit. Hul eerste rit in die skoolbus van Parys Primêre skool. Baie het trots sit en blaai deur die werkboekies waaraan daar vroegoggend, Vrydag 14 September, by die skool gewerk is tydens ‘n ope-dag waar …

Krone op die kop en ogies wat blink van opgewondenheid, het hul styf teen mekaar op die skoolbus se banke gesit. Hul eerste rit in die skoolbus van Parys Primêre skool.
Baie het trots sit en blaai deur die werkboekies waaraan daar vroegoggend, Vrydag 14 September, by die skool gewerk is tydens ‘n ope-dag waar die jongspan en hul ouers die eregaste vir die dag was. Volgens jaar is hulle graad 1. Hulle het hul juffrouens vir die nuwe skooljaar ontmoet en sommer klaar gevoel hoe sit die skoolbanke, want volgende jaar is hulle in die grootskool.
Sommer klaar groot het hulle daar in die bus gesit, maar agter daardie dapper glimlaggies was daar hier en daar nog ‘n onseker traan en ouers wat op die teerblad gewag het vir die skoolbus om terug te kom, met die wete dat nog ‘n kuikentjie besig was om sy/haar vlerke te sprei.




