NewsNews

Munisipale werkers staak steeds

Die onbeskermde staking van SAMWU lede uit ontevredenheid oor aanstellings wat glo deur die munisipale bestuur gemaak is van mense buite die provinsie, duur steeds voort. Sowat 30 werknemers het vanoggend (13 September) net na 08:00 weer voor die munispale gebou in Parys bymekaar gekom. Volgens inligting sou die munisipale bestuurder vanoggend ook met die …

Die onbeskermde staking van SAMWU lede uit ontevredenheid oor aanstellings wat glo deur die munisipale bestuur gemaak is van mense buite die provinsie, duur steeds voort.

Sowat 30 werknemers het vanoggend (13 September) net na 08:00 weer voor die munispale gebou in Parys bymekaar gekom. Volgens inligting sou die munisipale bestuurder vanoggend ook met die Fezile Dabi Distriks Munisipaliteit samesprekings voer om te hoor wat die pad vorentoe is met die onbeskermde staking van die groep munisipale werknemers.

Net na 09:0 het die stakende munsipale werkers in die Forum-gebou bymekaar gekom waar ‘n SAMWU vergadering gehou is. Dit blyk dat besluit is dat hul sal voortgaan met die staking. Die vergadering is kort tevore verdaag en is van die werkers huistoe.

Die polisie se Openbare Orde Polisiëring Eenheid hou ‘n wakende oog.

Gister is berigte ontvang dat noodsaaklike munispale dienslewering deur die staking geraak kan word. Dit word reeds deur inwoners ervaar. ‘n Inwoner van Delverstraat het vanoggend die Gazette in kennis gestel van ‘n pyplek op die sypaadjie.

Pogings om van gister af die pyplek te rapporteer, was onsuksesvol met telefone wat net bly lui het. Intussen loop die water steeds.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button