SportSport

Gemengde sukses vir veerpyltjiespelers

Gemengde sukses vir veerpyltjiespelers

Die 2018/2019 Vrystaat Veerpyltjie seisoen het afgeskop met ’n toernooi in Harrysmith in die Oos-Vrystaat.
Die vier Parys Palm Court spelers, Danie en Okkie van der Merwe, Ockert Grobler, en Cornea Viljoen wat Noord-Vrystaat verteenwoordig, het gemengde suksesse behaal.
Danie en Ockert het saam met hul Noord-Vrystaat A-spanlede, silwer ontvang in die mans A-afdeling.

Danie van der Merwe en Ockert Grobler wat kon spog met silwer in die mans A-afdeling.

Okkie en Cornea het op hul beurt saam met hul dames B1 spanlede ook silwer verower.

Cornea Viljoen en Okkie van der Merwe wat saam met die dames B1-spanlede silwermedaljes kon huistoe neem.

Hierbenewens het Cornea uitstekend gevaar in die algehele dames enkel-afdeling waar sy net-net in die finaal met een spel die spit moes afbyt teen haar mede Noord-Vrystaat dames A-speler, Lynette Neethling, en so ’n silwermedalje ingepalm het.

Cornea Viljoen van Parys (links) wat die silwermedalje wenner in die Vrystaat dames-afdeling was, saam met Jharet van die Oos-Vrystaat-streek, en Lynette Neethling (regs) van Winburg wat die dames goue medaljewenner was.

Danie van der Merwe het die tweede meeste voltalle (4x 180’s) in die toernooi gegooi.
Daar word drie soortgelyke Vrystaat Beker-toernooie tot Mei 2019 gespeel waarvan die volgende twee kragmetings in Bloemfontein en Welkom sal plaasvind. Na afloop van die toernooie sal die Vrystaat Provinsiale spanne aangekondig word wat einde Junie 2019 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale kampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button