NewsNews

Vredefort Koepel Kunsfees en kermis

Die ATKV beskou die Vredefort Koepel Kunsfees en kermis as een van die beste projekte wat nasionaal aangebied word. Maak daarom seker jy is daar

Die NG Gemeente Vredefort en Chris van Niekerk Skool, hou Vrydag 14 September  hul jaarlikse Kunsfees en Kermis.
Terwyl die lekkerbekke in die kerksaal smul aan al die lekkernye wat deur die gemeente se baasbaksters voorberei word, kan die liefhebbers van goeie musiek in die kerk luister na ’n fees van koorsang en instrumentale musiek.
Die kermis en kunsfees begin om 09:30.
Jy kan vinnig iets skandelik, liplekker en ongehoord vir ontbyt eet saam met ’n koppie koffie, en dan jou sit gaan kry in die kerk om na die uitgesoekte kore te luister!
Toegang na die kunsfees in die kerk is R15 per persoon.
Voorskoolse kinders gaan gratis in.
Daar kan vanjaar geluister word na   hoër- en laerskoolkore, trompoppies, boere-orkeste, marimba-groepe en instrumentale ensembles.
Daar sal vanjaar ook vir die eerste keer ‘n visuele kunskompetisie aangebied word.
Vier-en-tagtig kunswerke sal uitgestal word. Twee wenners word in elke kategorie aangewys.
Kom kyk hoe mooi het die kinders geteken en geskilder.
Daar is ook ander vermaak vir die kinders die dag beskikbaar.
Die ATKV beskou die Vredefort Koepel Kunsfees en kermis as een van die beste projekte wat nasionaal aangebied word. Maak daarom seker jy is daar.
Vir meer inligting skakel 082 565 1085

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button