NewsNews

Munisipale kantore gesluit ná ontevredenheid

Munisipale kantore gesluit.

Inwoners wat vandag, Dinsdag 11 September,  van die dienste van die Ngwathe munisipaliteit se betaalsaal gebruik wou maak, moes onverrigter sake omdraai nadat die munisipale kantore rondom 10:00 gesluit is, glo vir ’n  onbeskermde protesoptrede wat na verneem is spruit uit ’n  dispuut met die munisipale bestuur oor aanstellings van elektrisiëns buite die provinsie.
Terselfdertyd was daar ook ’n  kragonderbreking wat veroorsaak het dat ’n  verkiesings skakelkomitee in die donker in die Forum-gebou moes vergader.
Dit was teen druktyd nie seker of die protesoptrede en die kragonderbreking verband hou nie.
Teen Dinsdagmiddag was die munisipale kantore steeds verlate en geen telefoonoproepe is beantwoord nie. Geen kommentaar kon gekry word van die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button