Facebook berig bring onverwagse wending in moordondersoek
’n Berig wat op Parys Gazette se webtuiste en Facebookblad geplaas is met die gesigsamestellings van die vier verdagtes wat gesoek word vir die moord op mnr. Christo du Plooy, vroeër vanjaar, het ‘n vreemde wending geneem toe dit die polisie gelei het na ’n begrafnisonderneming in Parys waar een van die mans uitgeken is …
’n Berig wat op Parys Gazette se webtuiste en Facebookblad geplaas is met die gesigsamestellings van die vier verdagtes wat gesoek word vir die moord op mnr. Christo du Plooy, vroeër vanjaar, het ‘n vreemde wending geneem toe dit die polisie gelei het na ’n begrafnisonderneming in Parys waar een van die mans uitgeken is as ’n persoon wat deur die onderneming begrawe moes word.
Personeel van die onderneming het die berig gelees en het dadelik besef dat dit moontlik een van die mans kon wees waarna gesoek word. Hulle het toe die polisie in kennis gestel.
Christo was ’n elektrisiën van die dorp en is in Mei vanjaar net na 18:00 in sy huis in Grensstraat tydens ’n huisroof koelbloedig doodgeskiet.




