NewsNews

AGS Sion vier 110 jaar van seën

Die AGS Sion-gemeente in Parys is vanjaar 110 jaar oud. Die gemeente is in 1908 deur Daan van Vuuren as eerste pinkster-kerk in Parys gestig. Aanvanklik is huisdienste gehou waar sy eie gesin en broer, Hennie van Vuuren, almal tot bekering gekom het. Later is daar in ’n  waenhuis by Delverstraat 74 dienste gehou. Eers …

Die AGS Sion-gemeente in Parys is vanjaar 110 jaar oud. Die gemeente is in 1908 deur Daan van Vuuren as eerste pinkster-kerk in Parys gestig.
Aanvanklik is huisdienste gehou waar sy eie gesin en broer, Hennie van Vuuren, almal tot bekering gekom het. Later is daar in ’n  waenhuis by Delverstraat 74 dienste gehou.
Eers in 1918 het die gemeente onder leiding van Daan van Vuuren, wat toe lid van die uitvoerende raad van die AGS was, die AGS kerk in Van der Hovenstraat 3, gebou. Die kerk het nie ‘n doopbad gehad nie, en doopdienste is onder groot belangstelling van die publiek, onder die ou wabrug in die Vaalrivier gehou. In die vroeë 1920’s het dr. Daan van Vuuren na Bloemfontein verhuis en is sy werk in Parys voortgesit deur die Kruger-broers.
Die bediening is deur verskeie ander na hom behartig, tot die gemeente hul eerste betaalde leraar in 1941 gekry het. Hy was past. E.J. Smith le Roux wat die gemeente se leraar geword het teen ‘n salaris van drie pond per maand. In sy tyd is die Van der Hovenstraat kerk gerestoureer, en ‘n doopbad gebou sodat daar nie meer in die rivier gedoop sou word nie.
In 1945 is die kerk op Droëfontein ingewy want met die oorlogsjare was brandstof ‘n groot probleem en gemeentelede al te veel vir huisdienste. Die gemeente van Parys het Saterdagaande motors volgemaak en uitgery plaas toe om die Here te dien. Die dienste was gekenmerk deur baie sang en getuienisse met ‘n kort boodskap. In 1950 is die kerkie vir sowat 100 pond verkoop.
Tussen 1945 en 1948 was daar ook langs die grondpad na Koppies sowat 25km buite die dorp ‘n modderkerkie wat in die oorlogsjare die AGS kerk vir die plaasmense van daardie omgewing was.
Die huidige kerkgebou op die h/v Loop- en St. Janstraat is in 1950 gebou tydens die bediening van past. J.J.M. van Aswegen

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button