NewsNews

Net een paar hande om te help

Bring net ’n paar handskoene en ’n glimlag en kom help vir ’n uur vanaf 08:00 om Parys weer ’n dorp te maak waarop elke inwoner kan trots wees.

Net een paar gewillige hande het Saterdag kom help om die parkie in Eerstelaan skoon te maak. Dit nadat gevra is vir vrywilligers wat bereid is om net ’n uur van hul tyd op te offer om te help om Saterdae die dorp se parke, strate en oop velde skoon te maak.
Die skoonmaak-inisiatief is twee weke gelede deur ’n egpaar van Parys, Jan en Ann Bester begin, wat glo dat selfs net ’n klein begin ’n groot verskil in ’n gemeenskap kan maak.
Sonder enige vergoeding het hulle eiehandig begin om die parkie skoon te maak. Die eerste Saterdag het nagenoeg 12 vrywilligers kom help, maar verlede Saterdag was met die uitsondering van een dame, geen hulp in sig nie.
Net die verlate parkie, en die sakke vol vullis wat die Vrydag deur Peggy Nonyana, ANC-kandidaat in die Wyk 12 Ngwathe tussenverkiesing en haar helpers, in die parkie opgetel is.
Die egpaar is egter baie dankbaar teenoor Ben Fouché van Parys Grassnydienste wat aangebied het om vir hulle al die vullis wat bymekaar gemaak is, Maandag weg te ry, en te help met die sny van die kante en snoei van die bome.
Parysenaars word nou gevra om hul stem te gee vir óf die speelapparaat in die parkie verwyder, reggemaak en geskenk moet word aan ’n verdienstelike organisasie wat nut het daarvoor, en óf die apparaat eerder in die parkie moet bly.
Skakel die Parys Gazette om jou mening hieroor te gee by (056) 817 2267 of stuur ‘n e-pos na gazettenuus@gmail.com
Om die skoonmaak-inisiatief vir Parys te laat werk, is inwoners se ondersteuning baie nodig. Daar is geen vergoeding nie, net ’n positiewe ingesteldheid om iets in jou gemeenskap te doen wat ’n verskil maak.
Hierdie Saterdag, 8 September, sal daar by die verkeerslig op die h/v Breë- en Van Collerstraat gewerk word om skoon te maak. Hierdie is een van die ingange na die dorp wat ’n beeld uitdra vir besoekers waarvan Parys se ekonomie afhanklik is.
Veral skole word gevra om ook die ouer kinders aan te moedig om te kom help. ’n Donasie vir vullissakke is ontvang en sal Saterdag beskikbaar wees.
Bring net ’n paar handskoene en ’n glimlag en kom help vir ’n uur vanaf 08:00 om Parys weer ’n dorp te maak waarop elke inwoner kan trots wees.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button