NewsNews

ALFA 2018 – indrukwekkende vertoonvenster van die landbou

Dis weer AlFA-fees in Parys

Vanjaar se ALFA fees  (African Livestock Trade Fair) beloof om soos verlede jaar ’n toonaangewende vertoonvenster van die landbou te wees, maar met selfs nog meer hoogtepunte. Die fees word van 18 tot 20 September by die AfriDome in Parys, gehou.
Kaartjies vir ALFA 2018 is beskikbaar by Parys Info in Waterstraat 30m Parys, of by jou naaste Hinterland-tak, of by Quicket waar dit bespreek kan word by https://www.quicket.co.za/events/34150-alfa-2018/#/
Vanjaar word die fokus by ALFA geplaas op interraskompetisies, slagosse en -lammers, die jeug, veilings en sosiale en landbou-ontwikkeling.
Die onderskeie waardekettings van die veebedryf sal almal hanteer word – van rooivleis tot suiwel, en natuurlike vesel, terwyl daar ook ’n  internasionale fokus sal wees.
Hoogtepunte waarna vanjaar uitgesien kan word is:
• Hinterland Nasionale Interrasvleisbeeskampioenskap.
• Vleissentraal Nasionale Versprestasiekampioenskap.
• GWK Hoëveld Suiwel-interraskampioenskap.
• Nutri Feeds Moneymaker-vleiskoeikampioenskap.
• BKB Nasionale Kleinvee-prestasiekampioenskap.
• Barnlab Kleinvee-ekspo.
• Zoetis Intensiewe Skaapboer van die Jaar-kompetisie.
• Molatek Hoëveld Slagos- en Karkaskampioenskap.
• Sernick Opkomende Boere Slagos- en Karkaskompetisie.
• Cape Gate ALFA Mega-oskompetisie.
• Tal-Tec Slagvee-beoordelingsprogram.
• FNB Landbouskool van die Jaar-kompetisie.
• Voermol-jeugskou.
• Konsortium Merino-jeugskou.
• JSE Junior Wolhanteringskompetisie.
• Javlin Studenteprogram.
• MPO Kaasuitdaging.
• EPOL-werksperd ekspo.
• JOCK Hondekos-werkshonde kspo.
• Suiwel Kleinvee-ekspo.
• Opti Feeds-konynekspo.
Hiermee saam sal ’n aantal van Plaas Media se jaarlange kompetisies en projekte ook tydens ALFA 2018 ’n hoogtepunt bereik. Dit sluit onder andere in die aankondiging van die wenners in vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, wat gepaardgaan met ’n konferensie waartydens van die uitslae en tendense wat waargeneem is, bespreek sal word.
Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie sal by die ekspo beslis word en sal ook saamval met ’n junior kompetisie.
Die finale rondte van Plaas Media se Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie vind ook tydens ALFA 2018 plaas en die wenners in hierdie eerste-van-sy-soort kompetisie sal daar gekroon word.
’n Besliste hoogtepunt is die Standard Bank Merietetoekennings, wat tydens die ALFA gala-dinee op 20 September plaasvind, en waartydens pioniers en voorlopers in die landboubedryf vereer sal word.
’n Uitgebreide veeprogram
Die lewendehawe-komponent van die ekspo is vanjaar heelwat uitgebrei, en die nuwe aanbieding sluit werkswinkels en demonstrasies oor werksperde en werkshonde in. Terselfdertyd sal daar ook varke en hase te sien wees. Daar is ook weer veilings op die spyskaart, waaronder die SA Vleismerino-jongramveiling.
Fokus op landbou-ontwikkeling
Nog ’n eerste op vanjaar se program is die FEAD-uitstalling, wat gemik is op landbou-ontwikkeling en wat blootstelling sal bied aan suksesvolle hervormingsprojekte.
SA Stamboek bied weer sy teelsimposium by ALFA 2018 aan, terwyl ’n aantal van dié organisasie se Elite-streekstoekennings ook tydens ’n spesiale funksie oorhandig sal word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button