NewsNews

Vermeende ontvoerder in hof: Seun (3) steeds vermis

‘n 46-jarige man het gister (3 September) in die Orkney landroshof verskyn op aanklagte van ontvoering.

‘n 46–jarige man het gister (3 September) in die Orkney landroshof verskyn op aanklagte van ontvoering.

Dit nadat hy glo die drie jarige Ongezwa Mthimkhulu in Kanana naby Orkney ontvoer het. Ongezwa is steeds nie gevind nie.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het die seun se ma hom Vrydag (24 Augustus) by die kleuterskool gaan aflaai. Sy het hom later die middag kom haal, maar die oppassers het haar meegedeel iemand anders hom klaar kom haal het.

Die ma het ‘n saak van ontvoering by die Kanana polisiestasie aangemeld. Kort na die saak aangemeld is, het die KlerksdorpGesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe Eenheid (GKS) ‘n verdagte in hegtenis geneem.

Die verdagte sal in aanhouding bly tot 10 September wanneer hy amptelik vir borg aansoek doen.

Ongezwa het ten tyde van sy ontvoering ‘n swart en rooi trui, blou en wit t-hemp, swart broek en wit en swart tekkies aangehad.

Enigiemand met inligting kan sers. Tume Seteemane by (018) 464 5397 /  082 568 6909 / 082 568 6384 skakel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button