NewsNews

Wanneer mag jy skiet?

Mooirivier Beskerming het ‘n paar praktiese riglyne aan die gemeenskap  oor wanneer jy mag skiet.

 

Indien iemand jou perseel betree?

Betreding alleen regverdig nie nie skote wat gevuur word nie omdat jy nog ander opsies het soos om jou panieknoppie te druk of om te skree.

Wanneer jy iemand sien iets uit jou erf steel?

Jy sal moet oordeel of dit volgens die reg beskermswaardig is. Vergelyk byvoorbeeld diefstal van ‘n plastiese bal en ‘n motorvoertuig. As die betreder nie ooglopend gewapen is nie, sal die redelike persoon waarskynlik aksies neem soos om alarm te maak, die dief te waarsku of selfs ‘n waarskuwingskoot in die grond skiet.

As iemand aan jou huis se deur of venster peuter?

As die persoon nie sigbaar gewapen is nie, kan dit nie geregverdig wees om te skiet nie. Alternatiewe maatreëls soos panieknoppies of waarskuwingskote sal waarskynlik die aanval stop, en sal as  minimum geweld beskou word.

As iemand in jou huis is?

Dit is nie so eenvoudig soos, mag of nie mag skiet nie. Oorweeg eers alle beginsels reeds bespreek. Wanneer jy werklik bedreig word (bv. die betreder is gewapen en nie agter ‘n veiligheidshek nie) sal jy dit makliker kan regverdig om te skiet.

Sou die inbreker in jou huis nie gewapen wees nie?

Oorweeg of jy oorweldig kan word sonder ‘n wapen. As die inbreker dus baie groter as jy is of jy is fisies nie in staat om jouself te verdedig nie a.g.v siekte of besering sou dit regverdig wees om te skiet.

Mag jy geweld gebruik as jou buurman bedreig word?

Noodweer maak voorsiening daarvoor dat jy mag optree in ‘n geval waar ‘n ander party bedreig word. Dieselfde besginsels sal geld as wanneer die aanval op jou gerig is.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button