NewsNews
Motor rol laerskool se heining plat
‘n Voertuig het vanoggend (3 September) omstreeks 08:45 deur Laerskool Bailliepark in Potchefstroom se heining in Neethlingstraat gerol. Dit nadat die bestuurder beheer van die voertuig verloor het nadat hy oor ‘n spoedhobbel gery het. Claude Marais, ‘n eiendomsagent van Harcourts, was besig om oor die pad te stap toe die voertuig hom byna getref …

‘n Voertuig het vanoggend (3 September) omstreeks 08:45 deur Laerskool Bailliepark in Potchefstroom se heining in Neethlingstraat gerol.
Dit nadat die bestuurder beheer van die voertuig verloor het nadat hy oor ‘n spoedhobbel gery het.
Claude Marais, ‘n eiendomsagent van Harcourts, was besig om oor die pad te stap toe die voertuig hom byna getref het.
Mooirivier Beskerming het die polisie na die toneel ontbied.
IMR Ambulansdienste het die bestuurder van die voertuig vir klein beserings aan sy kop behandel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


