
We Care Buurtwag en Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) bied hierdie Saterdag, 8 September, ’n pretdag en kaalvoet dans aan.
Die pretdag is op die Hoërskool Parys se sportgronde. Toegang kos slegs R20 per persoon en daar is baie om te doen vir die kinders. Daar sal onder meer boeresport heel dag wees, met pryse vir die wenners, springkastele, en verskeie plaaslike kunstenaars wat gaan optree. Die hoogtepunt van die dag is ’n kaalvoetdans en bring-en-braai die aand, met lekker musiek en ’n lewendige orkes.
Kom kuier saam en gee op hierdie manier jou steun vir We Care en Parys GPF.
Vir navrae kan Dorette geskakel word by 071 554 7966.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



