
SASOLBURG. – Drie mans is op Lentedag, 1 September opslag dood in ‘n ernstige kop-aan-kop botsing met ‘n Volvo op die R57 langs die Eco Park in die rigting van Vanderbijlpark.
Met die aanbreek van lentedag 2018 het ER24, Netcare 911, Vaal Emergency Care, insleepdienste en die brandweer een van hul besigste dae in ‘n lang tyd beleef.
Die ongeluk waarin die drie mans dood is, het net na 18:00 plaasgevind. Al drie insittendes van die Audi is op die toneel dood verklaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



