CommunityPhoto Galleries

Buitengewone eksperimentering van verskillende mediums te sien by die Blou Galery

Buitengewone eksperimentering van verskillende mediums te sien by die Blou Galery

Elna Venter se uitstalling getiteld 8, het Donderdag, 30 Augustus geopen by die Blou Galery.

Elna Venter, ‘n Potchefstroomse kunstenaar, se agtste solo-uitstalling het Donderdag by die Blou Galery (Van Rooystraat 31) geopen.
Dit kan beskou word as ‘n buitengewone eksperimentering van verskillende mediums wat tematies by mekaar inskakel.
In hierdie uitstalling, getiteld 8, het Elna met drie uiteenlopende mediums geëksperimenteer. Die konsep van elke kunswerk begin met ‘n collage van foto’s en illustrasies wat sy uitknip en saamvoeg totdat dit volgens skaal en ontwerp by mekaar inpas om ‘n kunswerk te vorm. In elke collage het sy by haar intuïtiewe/onbewustelike keuse van vorms en kleur begin wat sy weer in die volgende stap baie bewustelik in interessante surrealistiese komposisies verwerk het. Elke oorspronklike collage is dan weer skandeer om ‘n digitale drukwerk te skep.
In die laaste stap het sy teruggegaan na haar oorspronklike collage en simboliese elemente daaruit geneem om ‘n oorspronklike olieverfskildery te skep. Die resultaat is ‘n intuïtiewe ontploffing van kleur en ontwerp met ‘n definitiewe ondertoon van die surriële onderbewuste.
Die uitstalling open Donderdag met ‘n rondleiding deur die kunstenaar. Dié rondleiding word Vrydag, 31 Augustus om 18:00 weer herhaal. Die uitstalling duur tot 13:00 op Saterdag 1 September. Vir navrae, skakel Jean Lampen by 082 775 8452.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button