NewsNews

Nog skoonmaak hulp vir parkie

Parkie word skoongemaak

Peggy Nonyana,  ANC kandidaat vir die wyk 12 Ngwathe tussenverkiesing wat op Woensdag 5 September in Parys gehou word, vergesel van ander ANC-lede, het Vrydagmiddag 31 Augustus, met die oog op die tussenverkiesing, die parkie in Eerstelaan skoongemaak.

Die skoonmaakaksie volg nadat inwoners op eie inisiatief en sonder vergoeding ook verlede naweek ingespring het om die vuil en erg verwaarloosde parkie skoon te kry, en daar môre voortgegaan word met die projek om elke Saterdag parke, strate en oop velde in die dorp skoon te kry.

Die hoop is dat vrywillige aksies soos hierdie deurlopend gedoen sal word en nie net met verkiesingstye nie.

Knap gedaan vir elkeen wat alreeds probeer om ‘n verskil in Parys te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button