Oud Parys-skolier sterf in koeëlreën
Francois Roodt, bekende Bloemfonteinse argitek, en seun van Eben Roodt wat destyds Roodt Apteek in Parys begin het, is Donderdag 30 Augustus omstreeks 09:10 net buite Bultfontein in sy Honda Ballade op die R710 doodgeskiet. Hy is langs sy voertuig gekry met ‘n kopwond en verskeie patroondoppies is op die toneel gekry. Sy voertuig se …
Francois Roodt, bekende Bloemfonteinse argitek, en seun van Eben Roodt wat destyds Roodt Apteek in Parys begin het, is Donderdag 30 Augustus omstreeks 09:10 net buite Bultfontein in sy Honda Ballade op die R710 doodgeskiet.
Hy is langs sy voertuig gekry met ‘n kopwond en verskeie patroondoppies is op die toneel gekry. Sy voertuig se ruite is stukkend geskiet.
Netwerk 24 berig dat Francois volgens ingeligte bronne glo onderweg was na ‘n regeringsprojek in Wesselsbron waar daar oënskynlik probleme was. Hy het gereeld werk vir die departement van openbare werke gedoen.

Volgens polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, is die polisie nog besig met hul ondersoek maar wil dit lyk of die 54-jarige Roodt moontlik ‘n slagoffer van ‘n sluipmoordaanval kon wees.
Francois was ‘n oudleerling van Hoërskool Parys en het die familie baie noue verbintenis met Parys. Hy word oorleef deur sy broer, Deon, en ma, Val.



