NewsNews

Cairo-trots weer gewys met indrukwekkende Boeredag

Cairo-trots weer gewys met indrukwekkende Boeredag

Vir die afgelope drie jaar is die Cairo Groep se Boeredag een van die groot hoogtepunte op die kalender. Vanjaar was beslis geen uitsondering nie met nagenoeg 500 gaste wat deur Cairo ontvang is.
Die dag het sy ontstaan gehad nadat Cairo en Northmec die behoefte geïdentifiseer het vir ’n dag waar Case IH produkte gedemonstreer kan word met volop geleentheid vir rolspelers in die landboubedryf om hul vrae te kan vra.
Vanjaar het Northmec besluit om die demonstrasie van Northmec produkte te kombineer met die bekendstelling van twee nuwe produkte in die Case- reeks naamlik die Case IH 2150 Early Rise Planter, en die Jacto Uniport spuit.
Naas die demonstrasies was daar ook verskeie sprekers wat volledige inligting eerstehands kon gee van die produkte wat tydens die dag bekendgestel en gedemonstreer is. Onder die sprekers was Jaap van der Westhuizen (Besturende Direkteur van die Cairo Groep), Johan van der Merwe (Besturende Direkteur Northmec), Pieter Hamman van Hamman Boerdery wat meer vertel het oor die Jacto Uniport Spuit, en Brink Bosman van B Bosman Farms, Zimbabwe, wat sy kennis kom deel het oor die Case 2150 Early Rise Planter.
Die indrukwekkende lys van produkte wat gedemonstreer was tydens die dag, was die Case 600 Quadtrac met Case Tiger Mate; Case 550 Quadtrac met Case 2150 24 ry Early Rise Planter;   Case 500 Quadtrac met Gaspardo Dracula 430;  Case Magnum 250 met Bunning Strooier; Case Magnum 310 met Gaspardo UFO; Case Puma 225 CVT met Case Turbo Till; Case Puma 180 met Gaspardo Terra Motto; Case Maxxum 125 met Baldan CRI 24 Skottel Dis; Case Farmall 110 met Laaigraaf en Gaspardo Primo Strooier; Case JX 95 H/C met Jacto Advance 3000 Vortex spuit; Case JXT 75 met Jacto Condor 800 Spuit; Case JXM 90 met Gaspardo Tornado 230; Case Patriot SPX 250 Spuit; Case Patriot SPX 3230 Spuit; Jacto Uniport 3030 Spuit en die Case 175 Skidsteer met grond boor.
Die Cairo Groep bestaan uit twee afdelings. Die Jaap van der Westhuizen Trust sluit die boerdery-afdeling in met ’n  saaiboerdery van 15 000ha met mielies, sojabone en sonneblom. Cairo Hersteldienste aan die kant is ’n handelaar van Northmec (Case IH en Northmec Implemente), handelaar van Horsch produkte, en handelaar van Van Zyl Staalwerke se produkte.
Hierbenewens beskik Cairo Hersteldienste oor ’n  volle toegeruste werkswinkel, onderdele afdeling en verkope afdeling.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button