Kom ons help om die polisiestasie en tuine weer netjies te maak

Selfs die geringste bydrae maak ’n verskil in jou dorp en die beeld wat na buite uitgedra word.

Daar is begin met ’n  projek om die polisiestasie weer netjies te maak sodat dit vir die publiek, maar ook vir die polisielede wat hier werk, ’n positiewe ervaring sal wees om by die polisiestasie te wees.
Nie net gaan daar geverf word binne die polisiestasie nie, maar sal die tuin ook onder hande geneem word.


Enige skenkings vir verf, skuurpapier, rollers of kwaste, plantjies of ander bydraes om die tuin te verfraai, sal baie waardeer word. Mense wat graag hier ’n verskil wil maak, hetsy deur skenkings of selfs om net ’n uur of twee te help met die verwery of tuinmaak, kan Lettie du Plessis by (056) 816 2513 kontak. Selfs die geringste bydrae maak ’n verskil in jou dorp en die beeld wat na buite uitgedra word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button