
Moedelose Parysenaars het al wat nommer is geskakel om te probeer uitvind waar die dorp se water vandag (Woensdag 29 Augustus) is? Maar helaas – geen antwoorde en steeds geen water nie.
Wat wel bekend is, is dat Parys se Watersuiweringswerke gistermiddag tydelik tot ‘n stilstand gekom het toe daar nie meer chemikalieë was nie. Daar is toe na wat betroubaar verneem is, by Koppies, chemikalieë gekry vir Parys se watersuiweringswerke en kon die waterwerke weer funksioneer.
Die vermoede is dat daar na gister se probleem by die watersuiweringswerke nie vinnig genoeg water gelewer kan word om die opgaardamme vol te kry nie. Wees daarom asseblief spaarsamig met die water en moet waar moontlik nie nou tuine natmaak nie. Dit gaan nog n wyle duur voordat almal water sal hê.
Gazette het nog geen amptelike verduideliking van die munisipaliteit ontvang oor waarom die krane droog is, of waarom die tekort aan chemikalieë nie. Daar is egter ook pyplekke waaraan tans gewerk word.




