NewsNews

Parys skoonmaak-inisiatief: Gee jou stem en jou ondersteuning

’n Positiewe gesindheid en die gewilligheid om ’n verskil te maak, het ’n egpaar van Parys, Jan en Ann Bester, ’n boodskap op sosiale media laat plaas waarin hulle inwoners van Parys gevra het om verlede Saterdag te help om die speelparkie in Eerstelaan skoon te maak. Die parkie is vuil en verwaarloos. Saterdagoggend was …

’n Positiewe gesindheid en die gewilligheid om ’n verskil te maak, het ’n egpaar van Parys, Jan en Ann Bester, ’n boodskap op sosiale media laat plaas waarin hulle inwoners van Parys gevra het om verlede Saterdag te help om die speelparkie in Eerstelaan skoon te maak. Die parkie is vuil en verwaarloos.
Saterdagoggend was ’n  hele paar inwoners daar om die Besters te help en het sommige wat nie self kon help nie weens ander verpligtinge, selfs betaal om hulp daar te hê vir die skoonmaakprojek. Dan Lia Kafee het op hul beurt swartsakke geskenk vir die projek.
Hoewel daar nie Saterdag klaargemaak kon word met die parkie skoonmaakprojek nie, sal daar nou elke Saterdag voortgegaan word om die oop velde, strate  en parke in die dorp skoon te maak.
Vir die wat help is daar geen vergoeding nie, net die wete dat jy dit vrywillig vir jouself en jou gemeenskap doen om daadwerklik ’n verskil te maak. Daar word self gewerk en self die vullis weggery. Die Besters glo as elkeen in Parys help deur klein te begin, daar iets daadwerkliks gedoen kan word om Parys reg te ruk.
Dankie aan almal wat reeds verlede naweek gehelp het. Onthou Saterdag sal daar weer by die parkie in Eerstelaan bymekaar gekom word om 08:00. Bring net ’n vullissak, handskoene, ’n uur van jou tyd, en as jy ’n  petrol kantsnyer het, bring dit ook saam. Inwoners se stem word ook gevra om te hoor of die speelapparaat in die Eerstelaan parkie eerder verwyder en reggemaak en geskenk moet word aan ’n  plek waar dit beter benut kan word.
Jy kan “ja” stem vir die verwydering, of “nee” stem as die apparaat in die park moet bly deur die Gazette-kantoor te skakel by (056) 817 2267 gedurende kantoorure of op die Gazette se Facebookblad jou stem te gee.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button