Katgriep: Wees gewaarsku
Katgriep (Parvo Enteritis) is weer in die omloop en word gewoonlik erger in die somerweer. Dit is ’n hoogs aansteelike virus wat honder (veral onder 6 maande) aantas. Parvovirus is uiters aggressief en tas die maagdermkanaal aan. Dit veroorsaak braking en bloederige diaree wat lei tot ontwatering, hipotermie, toksemie en uiteindelik die dood. ’n Hele …

Katgriep (Parvo Enteritis) is weer in die omloop en word gewoonlik erger in die somerweer.
Dit is ’n hoogs aansteelike virus wat honder (veral onder 6 maande) aantas. Parvovirus is uiters aggressief en tas die maagdermkanaal aan.
Dit veroorsaak braking en bloederige diaree wat lei tot ontwatering, hipotermie, toksemie en uiteindelik die dood. ’n Hele werpsel kan so uitgewis word.
Behandeling is duur en slegs ondersteunend aangesien niks die virus self kan doodmaak binne die liggaam nie.
Baie honde oorleef met behandeling maar ongelukkig nie almal nie. Sekere honderasse soos onder andere Rottweilers en Dobermans is besonder vatbaar, sowel as honde wat geen entings gehad het nie en beslis die swakste kans op oorlewing het.
Parvovirus besmet ook die omgewing. ’n Besmette erf bly vir baie jare besmet.
Katgriep vat omtrent 7-10 dae na blootstelling voor die dier siek word.
Die antwoord lê hoofsaaklik in voorkoming van die siekte.
* Wees versigtig waar jy honde koop. Maak seker dat daar geen geskiedenis van katgriep is nie.
* Verkopers wat handel of “smous” in kleinhondjies, dra ’n hoë risiko weens die hoë omset van die diere en die verhoogde risiko van blootstelling.
* Indien jy uit goedheid hondjies optel en by jou huis inneem, om hulle te help of te red, is daar ’n werklike risiko vir jou hond by die huis. Baie kere word die nuweling eers na ’n paar dae in sy nuwe huis siek. Teen daardie tyd is die huis se oud inwoners blootgestel aan die virus.
* Enting speel die grootste rol in voorkoming.
* Groot honde moet jaarliks ge-ent word.
* Teeltewe moet jaarliks ge-ent word om immuniteit aan hulle babahondjies deur hul bies oor te dra aan die klein hondjies wat hulle vir die eerste 4-6 weke van hulle lewe beskerm. Die enting moet verkieslik buite die dragtigheid gegee word.
– Inligting verskaf deur Parys Dierehospitaal




