NewsNewsUpdate

“Dit sal nie geduld word nie” sê NWU oor plakkaat

Die Noordwes Universiteit het in reaksie op 'n plakkaat wat Afrikaans aanval gesê dat sulke insidente nie geduld sal word nie.

Die Noordwes Universiteit het in reaksie op ‘n plakkaat wat Afrikaans aanval gesê dat sulke insidente nie geduld sal word nie.

“Tydens ‘n vreedsame inligtingsessie wat hulle (die EFF) vandag (27 Augustus) op die kampus gehou het, het hulle nie by die voorwaardes soos gestipuleer in die goedkeuring wat hulle ontvang het, gehou nie,” het Louis Jacobs woordvoerder van die universiteit gesê.

Jacobs het vroeër aan die Herald gesê dat die EFF toestemming gekry het om ‘n inligtingsessie op die onderwyskampus te hou.

“Die vertoon van ‘n plakkaat wat Afrikaans aanval, is nie net teen die waardes en taalbeleid van die NWU nie, maar is ook ‘n oortreding van alles waarvoor die NWU staan. Insidente van hierdie aard word in die sterkste moontlike terme veroordeel en sal nie geduld word nie. Die aangeleentheid word dringend deur die Kampus-studenteraad hanteer,” het Jacobs gesê,

Jacobs het benadruk dat daar glad nie ‘n optog op kampus was nie en dat geen student se veiligheid op enige stadium in gedrang was nie.

https://potchefstroomherald.co.za/52167/ek-voel-soos-n-vreemdeling-op-eie-kampus-se-student/

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button