NewsNews

Boer se dood bring groot hartseer in gemeenskap

Boer se dood bring groot hartseer in gemeenskap

Die skielike dood van ’n bekende boer van die distrik, Louis Hendrik Claasen (39) wat Saterdagaand net voor 20:00 in ’n  motorongeluk buite Wolwehoek gesterf het, het die boeregemeenskappe van Parys en Sasolburg verslae gelaat.
Talle boodskappe van medelye aan die gesin en familie het vanoggend (Maandag 27 Augustus) steeds ingestroom.
Louis Hendrik was saam met sy 11-jarige seun, Edwin, op pad huis toe na die familieplaas, Kroonenbloem toe die ongeluk gebeur het. Sy motor het ’n stilstaande voertuig getref.
Edwin het die ongeluk oorleef en is in ’n Vanderbijlparkse hospitaal opgeneem vir behandeling.
Louis Hendrik word oorleef deur sy pa Edwin, ma Heleen, sy sussies, sy vrou Jeanine en seun Edwin.
Hy was ’n  bekende saaiboer en ook baie bekend in die voerkraalbedryf. Louis Hendrik was die Claassens se enigste seun.

Die gedenkdiens vir Louis Hendrik word Donderdag 30 Augustus om 11:00 vanuit River of Life Family Church, 22 Eliot Straat, Vanderbijlpark, gehou.
* Ons innige medelye met die gesin en die familie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button