NewsNews

Aardklop-toep maak fees meer interaktief

Aardklop sit nie sommer agteroor of raak ouderwets nie, nee nie sommer nie.

Hierdie jaar stel die fees van alle feeste hul spiksplinternuwe selfoontoep bekend. Die toepassing gee jou toegang tot `n interaktiewe feesprogram en resensies van alle produksies. Jy kan jou eie feeskalender aanmekaarslaan en hy waarsku jou selfs oor moontlike botsings!
Verder laat die toepassing jou ook toe om deur die feesprogram te loer, kaartjies te koop met jou kredietkaart en vertonings tot jou koopmandjie te voeg. Dit is baie eenvoudig, jy daag slegs by vertonings op en jou kaartjies word direk na die toep gestuur, as jy die kode op jou foon inskandeer. Dit is lag-lag die maklikste toegang tot die beste fees.
Aardklop is natuurlik nie net toneel, musiek en kultuur nie, daar is ook die feesterrein. Ons toepassing staan jou by om uitstallers op die feesterrein te vind deur van interaktiewe navigasie en foto’s gebruik te maak.
Almal is deel van die fees en alle feesnuus voor en tydens die fees word direk na jou toepassing gestuur, so kan jy jou vinger op die pols hou van alles wat gebeur.
Die Aardklop-toepassing is gratis verkrygbaar in die Apple App Store vir iPhone en ook die Google Play store indien jy `n Android-foon het. Tik slegs “AARDKLOP” in en laai die toepassing af.
Aardklop morfeer en innoveer elke jaar en ons sien uit na die hierdie toevoeging tot ons dienslewering.
Aardklop vind vanjaar van 2-7 Oktober in Potchefstroom plaas. Ingangsfooi tot die feesterrein is slegs R30 per persoon en kinders onder 12 kom gratis in! Produksiekaartjies is beskikbaar by Ticketpro.
* Vir meer inligting besoek ons webblad www.aardklop.co.za of volg ons op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button