Herwinning: So maak bejaardes ’n verskil

’n Klein begin wat verseker ’n groot verskil kan maak!

PARYS. – Bejaardes van Sally Martin Park het op Vrydag 17 Augustus hul eie herwinningsprojek geloods. Die doel hiervan is om ’n verskil te maak in die gemeenskap, en hul morele plig na te kom vir ’n skoner omgewing.
Met die dorp wat knaend sukkel met vullisverwydering, en die enorme probleme by die dorp se vullisstortingsterrein waar daar geen beheer is nie, is hierdie inderdaad ’n  prysenswaardige projek om self te begin om ’n  bydrae te maak om Parys skoon te hou.
Vullisdromme vir papier en karton, blik, glas, en plastiek, is op strategiese punte op die terrein geplaas, en sal gereeld leeggemaak word deur besighede wat herwinning doen. Sodoende word ’n groot aantal vullis weggevat van die strate en die stortingsterrein. Die tuinierspan word opgelei om seker te maak die inhoud van die dromme word korrek sorteer vir wanneer dit opgelaai word, terwyl die terreinbestuurder, Ben du Preez, oor die projek sal toesig hou. Inwoners is vooraf per brief in kennis gestel, en kan elke inwoner nou self hul herwinbare vullis in die gemerkte dromme plaas. ’n Klein begin wat verseker ’n groot verskil kan maak!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button