NewsNews

Leiwater uit dam dan só besoedel

Leiwater uit dam dan só besoedel

Leiwater moet vanaf September weer deur die Ngwathe munisipaliteit aan inwoners van Parys voorsien word. ’n  Voorreg wat min dorpe in die land het, veral in waterskaars tye.
Maar rioolwater loop gedurig in die Rooidam in Derdelaan in waaruit die leiwater onttrek word, wanneer die Tokoloho-rioolpompstasie oorloop. Hoewel van die rioolwater eers in die dam beland voor dit uiteindelik in die rivier inloop , beland daar ook van die rioolwater direk in die Mimosa-spruit as gevolg van lekke in die leivoor tussen die pompstasie en die dam. Die spruit loop by die Mimosa Tuine ook direk in die Vaalrivier in. Die afgelope naweek het Tokoloho-pompstasie weer oorgeloop.


Die vraag is nou of die besoedelde water behandel gaan word alvorens leiwater voorsien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button