NewsNews

Só kan rommel uit rivier gehou word

Só kan rommel uit rivier gehou word

Met die toenemende krisis wat die Vaalrivier weens besoedeling ondervind, is dit belangrik dat elke munisipaliteit alles in sy vermoë doen om natuurlike bronne te beskerm.
Die VF Plus het die munisipale bestuurder van Ngwathe (Parys, Koppies, Heilbron,Vredefort en Edenville), mnr Bruce Kannemeyer, amptelik versoek om nuwe tegnologie te ondersoek wat reeds in Australië gebruik word om besoedeling meer effektief te bestuur.
Nette word by sommige Australiese stede en dorpe by die uitlaat, waar stormwaterpype in riviere en ander waterbronne vloei, gemonteer om swaar rommel vas te keer. Die nette kan maklik vervaardig word en die skoonmaak daarvan is eenvoudig.


Die VF Plus sê dit is ‘n eenvoudige manier om vullis uit die Vaalrivier te hou en kan met vrug by veral Parys aangewend word om die rivier skoon te hou.
Die VF Plus het ook in sy versoek aan die munisipale bestuurder gevra dat die munisipaliteit alles in sy vemoë doen om riool uit die rivier te hou. Die munisipaliteit kan dit nie bekostig om, soos Emfuleni in Gauteng, rioolwerke in so ‘n mate te verswak dat dit tot ‘n omgewingskrisis lei nie.
“Inwoners van Parys verdien ‘n munisipaliteit wat daartoe verbind is om die omgewing tot voordeel van inwoners te beskerm.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button