NewsNews

Agri SA verwelkom die ANC se verbintenisse oor landbou

Agri SA is bemoedig deur vandag se produktiewe vergadering met senior ANC beamptes rakende landbougrondhervorming en landbou-eiendom.

Agri SA is bemoedig deur vandag (21 Augustus) se produktiewe vergadering met senior ANC beamptes rakende landbougrondhervorming en landbou-eiendom.

Agri SA waardeer spesifieke beleidsverbintenisse wat deur die ANC gemaak is.

Dit sluit in onder meer:

• Geen grondgrype gaan geduld word nie.
• Die beskerming van produktiewe landbougrond sal prioriteit geniet.
• Die optimalisering in die gebruik van onderbenutte grond in afgeleë landelike gebiede.
• Eiendomsregte sal ‘n prioriteit in landbougrondontwikkeling wees.
• Die regering finaliseer ‘n oudit van regeringsgrond vir die oordrag aan swart boere.
• Die afskop van produksie op 4 000 plase wat tans in regeringsbesit is om kommersiële waarde te ontsluit en boerderygeleenthede te skep.

Agri SA en Agbiz het met David Mabuza, ANC Adjunk President, en Paul Mashatile, ANC Tesourier-Generaal, vergader. Hierdie vergadering is bykomend tot die vergadering tussen President Cyril Ramaphosa en Agri SA President Dan Kriek wat vandag in Kaapstad gehou word.

“Die landbousektor vra vir ‘n samewerkende raamwerk vir groei, soortgelyk aan dit wat die motorbedryf reggekry het,” sê Francois Strydom, Agbiz Voorsitter. “Al die rolspelers binne die sektor is gretig om die proses vorentoe te neem.”

Die Inter-Ministeriële Taakspan op Grondhervorming is ook by die vergadering bespreek; ‘n uitnodiging is aan georganiseerde landbou gerig om drie verteenwoordigers te delegeer.

“Die geskiedkundige vergadering skep ‘n fondasie vir ‘n volhoudende vennootskap met die oogmerk om landbou volhoubaar te transformeer en te laat groei,” sê Omri van Zyl, Agri SA Uitvoerende Direkteur. “Ons sal egter gefokus bly om tasbare voordele vir produsente te onderhandel.”

Almal het saamgestem dat dié faksies wat moedswillig die gemeenskap oor die grondkwessie polariseer, moet teengestaan word.

“Die ondernemings van die ANC is belangrik, maar Agri SA is ook verbind tot die inwerkingstelling van ‘n pragmatiese plan om die sektor te groei en om swart boere by te staan,” sê Christo van der Rheede, Agri SA Adjunk Uitvoerende Direkteur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button