NewsNews

Voorsitter van munisipale rekeninge-komitee kry die trekpas

Voorsitter van munisipale rekeninge-komitee kry die trekpas

Parys – Die hofbevel wat rdl. Phillip van der Merwe en die Vryheidsfront Plus in Mei vanjaar teen die Ngwathe Munisipaliteit bekom het, het verlede week nóg vrugte afgewerp.
Op ‘n vergadering van die Raad op 7 Augustus, is die voorsitter van die munisipale rekeninge-komitee, rdl. Victoria de Beers, uit dié amp onthef.
“Hierdie stap is as baie nodig beskou deur opposisiepartye omdat dit juis onder haar leiding was dat die komitee in totale disfunksionaliteit verval het,” sê rdl. Van der Merwe.
Van der Merwe glo dat die druk van die hangende hofbevel grootliks daartoe bygedra het.
“Ek het by die vergadering gepleit dat ‘n ekstra lid vanuit opposisiegeledere gevoeg moet word by die bestaande komiteelede wat almal, behalwe vir rdl. Arnold Schoonwinkel van die DA, uit ANC geledere is.
“Dit sal groter deursigtigheid en meer geloofwaardigheid gee aan die werksaamhede van die komitee, sê hy. Die Speaker het aangedui dat die versoek tydens die volgende raadsvergadering oorweeg sal word. Intussen word vertrou dat die komitee onder leiding van ‘n nuwe voorsitter spoedig uitgawes, wat onbehoorlik “gekondoneer” was, deeglik sal ondersoek en aan die Raad verslag sal doen soos wat die wet vereis.
Gazette het verlede week ook berig oor dié disfunksionele komitee wat die vorige week ’n sitting gehou het, maar dat amptenare die agenda weer eens so swak voorberei het dat geen besluite op die vergadering geneem kon word nie.
Die hofbevel het uitdruklik bepaal dat die betrokke komitee uitgawes, wat miljoene rande beloop het, en sonder behoorlike ondersoek eenvoudig deur die Raad “gekondoneer” was, behoorlik sal ondersoek om te bepaal of enige amptenaar of raadslid daarby betrokke, persoonlik daarvoor verantwoordelik gehou moet word” sê rdl. Van der Merwe.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button