NewsNews

Só laat misdadigers riool in die Vaal loop

Só laat misdadigers riool in die Vaal loop

Skade van meer as R500 000, en dit vir ’n paar rand se koper. Misdadigers wat in minder as ’n week vier keer die kragopwekker by die rivierpompstasie na die Parys-rioolwerke beskadig het om stukkies koperdraad te steel.
Bo en behalwe die skade wat vuisvoos belastingbetalers en die sukkelende Ngwathe munisipaliteit moet betaal, loop riool as gevolg hiervan nou knaend by die Sandgat in Rotarylaan, direk in die Vaalrivier in.
Gazette het die afgelope paar weke berig oor die gevolge van rioolbesoedeling in die Vaalrivier en die kommer oor visvrektes .
Maar terwyl die diefstal van die koper deur die wet as ernstige oortreding gesien word, speel die misdadigers kat-en-muis. Met Gazette se ter perse gaan, was die jongste diefstal juis kort nadat sekuriteitswagte wat die pompstasie oppas, daar weg is. Teen 16:00 Maandagmiddag was die skade by die pompstasie herstel, maar vir hoe lank kan daar nog voortgegaan word om die skade te herstel?

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button