NewsNews

Ek kom huis toe!

Die 7-jarige Shaun Breedt kom môre huis toe! Hoewel hy Saterdag nog baie pyn verduur het, is dié dapper graad 1 seuntjie van Parys Primêre skool,  gereed om ontslaan te word uit die Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein. Shaun is Vrydagmiddag 3 Augustus ernstig beseer toe ’n betonblok op hom geval het. Albei Shaun se bene en …

Die 7-jarige Shaun Breedt kom môre huis toe!

Hoewel hy Saterdag nog baie pyn verduur het, is dié dapper graad 1 seuntjie van Parys Primêre skool,  gereed om ontslaan te word uit die Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein.

Shaun is Vrydagmiddag 3 Augustus ernstig beseer toe ’n betonblok op hom geval het. Albei Shaun se bene en sy regtervoet is gebreek, terwyl sy pelvis ook op 2 plekke gebreek is. Hierbenewens het sy lewer seergekry en was daar inwendige bloeding.

Die pad na herstel vir Shaun is nog baie lank en sal hy waarskynlik  eers met ’n rolstoel oor die weg moet kom, en heelwat fisioterapie nodig hê.

Dankie aan almal wat vir Shaun en sy ma ondersteun om die lang pad na herstel makliker te maak, en hom opdra in gebede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button