Parys – Dit is nog net ses dae voor Abigail Bezuidenhout en die res van haar spanmaats van die SA Kano Polo Ontwikkelingspan op hul Europese toer vertrek wat van 15 tot 28 Augustus plaasvind. Verlede naweek was die span se laaste oefenkamp in Pietermaritzburg.
Hulle sal tydens die toer aan twee Europese toernooie deelneem wat aan hulle internasionale ervaring sal gee met die oog op die 2020 wêreldkampioenskappe in Rome, Italië.
Abigail is ‘n leerling van Hoërskool Parys.
Baie dankie aan elkeen – hetsy besighede, vriende en vreemdelinge wat Abigail se fondsinsamelingsprojekte ondersteun het, die talle bydraes, belangstelling en aanmoediging wat gehelp het om Abigail se droom van internasionale deelname moontlik te kon maak. Dit word opreg waardeer.
You can read the full story on our App. Download it here.