NewsNews

Hier sal jy hoor van die beginjare van ’n dorp en sy mense

Dit is in hierdie klein Vrystaatse dorpie waar 100 000 pare sykouse per dag vervaardig is

Parys – Vrydag 3 Augustus is die deure van die Parys-museum vir die eerste keer in jare weer permanent oopgemaak vir die publiek. Meer as 20 besoekers het reeds die afgelope naweek al ’n draai by die museum gemaak.

Die museum sal voort-aan op Vrydae, Saterdae en Sondae van 10:00-15:00 oop wees vir besoekers.
Dit danksy die ongelooflike toewyding van Iris Andrew wat vir baie jare baklei het vir die droom om die dorp se museum oop te hou, en seker te maak hierdie erfenis word bewaar.
Die stories oor die dorp en sy mense sal jy hier kry. Stories van ’n dorp wat sy eie kousfabriek gehad het. Die Arwa-fabriek het in 1951 met produksie in Parys begin.
Dit is in hierdie klein Vrystaatse dorpie waar 100 000 pare sykouse per dag vervaardig is – wat toe ongeveer 50% van die totale produksie in Suid-Afrika was. Hiervoor is 460 outomatiese masjiene gebruik, en 420 mense in diens geneem.
Die masjinerie was baie sensitief vir beweging en steurings, en is Parys daarom gekies.
Tydens arbeidsoptrede later jare is R40 miljoen se kouse klaarblyklik verniel, en was dit deels die rede waarom produksie hier gestaak en die fabriek verkoop is.

Related Articles

Back to top button