NewsNews

Kameras teen misdaad; toe word pale afgesaag

Kopjeskraal – As gevolg van die groot vlaag misdaad in die Kopjeskraal-omgewing die afgelope tyd, het inwoners besluit om geslote baan sekuriteitskameras in die gebied te installeer om sodoende misdaad te beheer en die gebied te beveilig vir beide inwoners en gaste by die onderskeie oorde in dié omgewing. Waarskuwingstekens is verlede week by die …

Kopjeskraal – As gevolg van die groot vlaag misdaad in die Kopjeskraal-omgewing die afgelope tyd, het inwoners besluit om geslote baan sekuriteitskameras in die gebied te installeer om sodoende misdaad te beheer en die gebied te beveilig vir beide inwoners en gaste by die onderskeie oorde in dié omgewing. Waarskuwingstekens is verlede week by die ingange na Kopjeskraal opgerig, en by strategiese punte langs die pad.
Saterdagnag is ses van die agt waarskuwingstekens met ’n kettingsaag afgesaag, nog voordat daar geleentheid was om die kameras te kon installeer. Die pale met die borde is net daar gelos deur die persone wat dit afgesaag het. Die gemeenskap onder leiding van Kobus de Meyer wat as koördineerder optree, het ’n klag van opsetlike saakbeskadiging by die Buffelshoek-polisie aanhangig gemaak.
Die gemeenskap van Kopjeskraal is nou eers gemotiveer om die kameras te installeer en daadwerklik aksie te neem om die gebied en sy inwoners, asook besoekers se veiligheid, te verseker.
Daar bestaan ’n sterk vermoede dat plaaslike werkers betrokke is by die verskaffing van inligting wat dan deur buitestanders gebruik word om die misdade op ’n goed georganiseerde wyse te pleeg, sê inwoners. So is daar by sekere eiendomme al drie keer na mekaar ingebreek terwyl die eienaars in die huis was. Enige persoon met inligting of wat kan help, word gevra om Kobus de Meyer by 073 2323 743 te kontak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button