NewsNews

Vier polisie vrywilligers dood en agt beseer

Vier polisie vrywilligers dood en agt beseer

VANDERBIJLPARK. – Vier polisie vrywilligers is dood in ‘n baie ernstige ongeluk toe ‘n dubbelkajuit polisie voertuig vermoedelik ‘n U-draai op die N1 snelweg gemaak het en die voertuig deur ‘n Audi A4 getref is.


Die ongeluk het Vrydagaand 3 Augustus ongeveer 23:30 net voor die Vanderbijlpark afrit op die N1 snelweg, in die rigting van Johannesburg gebeur. Volgens die bestuurder van die rooi Audi A4, wat in die rigting van Johannesburg op pad was, het die polisie voertuig onder die brug vanaf rigting Kroonstad, ‘n U-draai gemaak na die baan in die Johannesburg se rigting. “Dit het so vinnig gebeur, ek kon nie die ongeluk vermy,” het die bestuurder van die Audi aan Vaalweekblad na die die ongeluk vertel. Hy is die enigste in die ongeluk wat nie beseer is nie en het na die ongeluk ongedeerd uit die Audi geklim. Agt pasiënte op is op die toneel behandel terwyl vier op die toneel dood verklaar is.

Paramediese personeel van ER24, Gauteng EMS en die Parys brandweer was op die toneel. Die Audi het na die ongeluk aan die brand geslaan en een van die liggame wat naby die Audi gelê het, is in die proses verkool. Die  gras aangrensend van die snelweg het ook aan die brand geraak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button