NewsNews

Werkloosheid in Vrystaat kommerwekkend

Werkloosheid in die Vrystaat die hoogste.

Werkloosheid in die Vrystaat is aan die toeneem.

Volgens Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse werksmag-opname wat Dinsdag uitgereik is, het die werkloosheidspersentasie in die Vrystaat met 1.6 % vir opeenvolgende kwartale toegeneem. Dit is die hoogste van al die provinsies.

Werkloosheid in dié provinsie het van 32.8% in die eerste kwartaal vanjaar tot 34.4% in die tweede kwartaal toegeneem en daar is 26 000 minder werkgeleenthede.

Werkgeleenthede net in die Vrystaatse landbousektor het met 22.3% afgeneem.  Roekelose en ondeurdagte uitsprake oor grondonteiening vir goedkoop politieke gewin en die algehele gebrek aan ondersteuning en behoorlike bestuur in die sektor dra by tot hierdie ongunstige toestande.

Die Vrystaatse regering, onder leiding van premier Sisi Ntombela, behoort werkskepping as sy eerste prioriteit te ag.  Goedkoop politiekery, eie- en partygewin en ander verkeerde prioriteite moet dringend uit die weg geruim word.

Related Articles

Back to top button