OpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

Let’s talk / Praat saam sms’e – 12 June 2015

Let's talk / Praat saam sms'e - 12 June 2015

  • Flyers van die Wedding Expo is 3 Junie op vensters van motors by Canal Crossing Mall geplaas, maar is met gom geplak!
  • Wonder wat sê Gimmies van hul o.14’s se telling teen KHS? Maar hul het genoeg tyd om spelers te koop voor hul 1ste span is!!!
  • Ons wil net baie dankie sê vir die jong paartjie van Jessica Hof wat die tannie so vinnig behulpsaam was met die hondjie wat daar by julle raakgery is.
  • All these “non-smoking” policies/laws that restaurants accept like a herd of sheep…..they are shooting themselves in the foot – to justify this statement: This “law” was made by minister Mantu.
  • 100% uit 100% vir die persoon met die idee van ‘n troeteldier-vriendelike ouetehuis waar ‘n hondjie (of katjie) aangehou kan word. Kattetannie.
  • Joe McGluwa wat nou in Chris Hattingh se plek verkies is, is ‘n baie oulike man en praat goed Afrikaans en ken die politiek. Vorige werknemer.
  • Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”
  • Paraffin for Potch: who was the lucky person that won this tender? Please let your readers know. M.
  • Gimnasium wen loshande met 23 oorwinnings teenoor Volkies se elf. Wanneer gaan die opskrif wees “Gimnasium presteer skitterend?”. Dit is wat geskryf sou word as Volkies so presteer het!
  • ‘n Mens kry nog baie min goeie diens by goeie mense….. Adrie ons mis jou diens baie by Power Express OK in Riverwalk, jou glimlag het my baie lus gemaak om te koop … oo al die norsheid … mis jou baie.
  • Ek wil net weet of ons kan saampraat oor die munisipale tariefverhoging, dit is te hoog en ons in ons wyk kon dit nie verder bespreek omdat dit load shedding was.
    So ek is nie gelukkig met die 36.20% verhoging nie. Dit is te hoog vir my budget. M.J. Louw-Khumalo. Miskien is daar ander wat dieselfde voel.
  • Ek besit ‘n antieke kerkman klavier nog die vertikale iron grand. Die klankkas is gekerf en die voorste potte is ”swaar” gekerf. Die klavier is baie goed opgepas en sy klankkas in ‘n goeie toestand speel nog baie goed. Ek sal dit waardeer as iemand my kan help met die waarde van die klavier.
  • Graag wil ek dankie sê aan die twee persone wat ons tot laat gesien het by die teerspan wat besig was in Parys Laan.
    Soos gewoonlik. rdl. Vincent Clarke en mnr. Bengi Zungu het tot laat tyd afgestaan en toesig gehou met die lê van die nuwe teerblad in Parys Laan. Dankie, julle word raakgesien. Wens meer amptenare was soos julle betrokke.
  • Ek wil net weet of is die Herald teen Gimmies. As hul wen dan word daar gesê hul speel nie goeie rugby nie. Wat soek jul van die span? As hul Beeldtrofee wen soos in o.14 en o.16, dan word daar gesê Potch skool presteer. Maar oortuigende tellings soos 55-3 en 33-3 is mos nou glad nie resultate van goeie rugby nie. GIMMIES BO.
  • The traffic jams in Parys Avenue create hazardous situations for road users. The robot is still not operating and CANAL CROSSING has been open for months.
    Has a proper traffic report on this area been compiled? When? Will alternative access be provided for users? The long-awaited Chris Hani Street extension is long overdue! When?
    Will authorities comment on the above needs?
  • Volkies moet maar ernstig begin oorweeg om op te hou rugby speel.
  • Is dit net ek wat dink dat Potch ‘n ysskaatsbaan moet kry!!
  • Adélle jy het so ’n paar “goed” aan Josef se fiets “misgekyk”.
    By die voorwiel op die as, is 2 langspeelplate, daar’s ‘n waaier wat die windrigting aandui, 3 trappe by agterwiele, buffers van plastiekpyp, flikkerligte en ja hy’s ‘n VW man. Kan nie lees of skryf maar kan elektroniese goed herstel. Die man werk ook by ons in die tuin. Iemand om te beleef. Petra.
  • Hulle lê rond op die Bult en bedel; almal ‘n spul druggies; moenie hulle geld gee nie julle maak die Nigeriërs in Reitzstraat ryker en die mense se lewens armer! En wat doen die SAPD omtrent daai drughuis onder ons neuse?
  • Ek stem saam met oud Volkie. Daar is genoeg rugby talent. Fire die coach van die eerstes.
  • Alles gaan elke jaar op; huur; voedsel; krag; maar werkgewers gee geen verhogings? Karma..
  • Goeie dag, kan die vrou wat so bedel en sakke vol klere kry, se naam asb. maar genoem word, sodat mense haar asb. nie meer moet help nie?
  • Ek wil net dankie sê vir almal wat in die kraamsaal aan diens was 1-4 Junie. Jul diens is puik.
  • Wil net weet hoekom is Paulstraat se straatligte van nommer 32 tot 50 alweer af? Kan iemand help asseblief?
  • Volkies word wakker, julle rugby is swak, dalk moet julle kinders gebruik wat talent het en nie die wat se ouers gunsies doen vir die skool nie. Dan sal hulpafrigters wat kennis het ook help, en nie sommer enige Jan Rap en sy maat te gebruik nie.
  • Karin Harris, baie dankie vir die goeie diens wat ons altyd van jou ontvang by Dis-Chem. Nooit is jy te besig om na iemand te luister, jy weet waar elke produk is. Jy stuur niemand weg met die woorde: “Dis nie my afdeling nie”. Waardeer jou. Mariaan.
  • Wil net sê, die beste haarkapster in Potch is Arlene by Reflections, oorkant Pick n Pay langs Chubby Chick.
  • Ek wonder hoe lank ons nog in ons stad gaan kan ry. Die slote wat hulle oor die paaie grou en waar lekke reggemaak word, word toegegooi en net so gelos om al dieper te word, dit voel of jou motor se wiele agterbly as jy daar deurry.
  • Oral in ons stad sit daar groepies mense op dromme, party blou of groen oorpakke aan so sit hulle heeldag en skuif agter die koelte aan. Wie betaal hulle en hoeveel?
  • Baie dankie George Nicodeumus werksaam by Pick n Pay in West Acres dat jy altyd vriendelik en behulpsaam is en die ekstra myl vir jou kliënte stap en met ‘n glimlag! Jy is ‘n ware aanwins vir Pick n Pay!
  • Geluk aan Gimmies met hul briljante vertonings en onberispelike gedrag die afgelope naweek. Die Gimme het net weer onderstreep dat hulle die topskool in Noordwes is. Oud- Gimmie.
  • Wil net vir die “ anoniem “ sê ek parkeer my voeruig met duisende rand se gereedskap agterop daagliks by Pieter en hy was nog altyd daar vir my. Dankie Hannes.
  • Maruis dankie dat jy vir my ingestaan het op so ‘n kort kennisgewing met my moeder se siekte ek waardeer dit opreg. Pieter.
  • Pieter byt vas, sy is oulik en vriendelik. Jong ons ou karwag, trots op jou.
  • Heng Pieter maar sy is oulik.
  • Hi Pieter, van ‘n amper boemelaar tot wat jy tot nou bereik het. Ek sê jou dit wil gedoen wees en dit binne ‘n paar maande. Dankie aan mense soos Rykie van Sparwas en Don van Spar en oom en tannie Enslin. Pieter praat altyd net goed van julle.
  • Pieter die karwag en Miederpark Spar spietkop ek haal my hoed af vir jou jy hanteer jou parkeergrond baie goed. Anoniem weet nie waarvan sy praat nie. Ek en my gesin ondersteun jou.. Johan, Elsie en kinders.
  • Hoekom word die pad nie reggemaak op die hoek van Walter Sisulu en Wolmaransstrate nie? Dit is nou 4 maande van stof en gate en besighede ly daaronder. Asseblief maak plan.
  • Why are the beautiful Chinese Elm trees in Protea Street being destroyed? Is this the municipality? Or a personal vendetta against the precious green trees?
  • Hiermee ‘n groot dankie aan Morne en gesin vir julle allerheerlikste en keurig-gebottelde konfyte van hoë gehalte. Die Chillie tamatie en uie marmelade (lekker op hamburgers!) is voorwaar ‘n smaaksensasie! En daarmee saam kry mens altyd goeie diens en vriendelikheid. Mag die Here jul seën. Tannie S.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button