NewsNews

Uiteindelik – herstelwerk begin, maar mangat loop steeds oor

Uiteindelik - herstelwerk begin, maar mangat loop steeds oor

Herstelwerk by die Sebokeng-rioolwerke het einde ten laas Maandag begin.

Dit nadat dié rioolwerke al die afgelope twee maande stilstaan as gevolg van sabotasie en betogers wat die toegang van werkers na die rioolwerke verhinder het totdat ‘n ooreenkoms oor werksgeleenthede bereik is.

Volgens Netwerk 24 het die minister van water en sanitasie Gugile Nkwinti, en die LUR van die Gautengse departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, Dikgang Uhuru Moiloa, Maandag die rioolwerke besoek waar daar met gemeenskapslede gepraat is.

Luidens Netwerk 24, sal dit meer as R10 miljoen kos, en na raming twee maande duur voordat die rioolaanleg weer ten volle herstel is.

Vanoggend is ook berig ontvang dat al die rioolpompstasies in Tumahole tans werk, nadat Gazette vroeër berig het oor die probleme by Mbeki en Tokoloho pompstasies.

Daar is egter steeds ‘n mangat tussen Tumahole en die nuwe industriële gebied waar riool oorvloei om uiteindelik in die rivier by die Mimosa Tuine te beland.

Ten spyte daarvan dat dit aan die munispaliteit gerapporteer is, is dit steeds nie herstel nie.

Related Articles

Back to top button