Só lyk Saterdag se Hoopfees-program
Verskeie gospel-kunstenaars dié naweek op die Hoopfees-verhoog.

Parys hou op Saterdag 4 Augustus vanaf 10:00 Hoopfees op die sportgronde van Parys Primêre skool in Eerstelaan.
Daar sal verskeie uitstallers, vermaak en heerlike kosstalletjies wees, met die optrede van verskeie Gospelsangers.
Die program lyk so: 10:30 – Judah; 11:45 – Danie Botha; 13:30 – Ernie Amos (seremoniemeester); 15:30 – Buster & Bella; 16:45 – Anders, en 18:45 – Johan Brits.
Toegang is R50 per persoon, maar kinders o.12 jaar kan gratis ingaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



