CommunityNews

Boetes, boeie en borg is Vrydag Parysenaars se voorland

Kom kyk wie het nie "borg" betaal nie

Parys – Jy mag dalk verras wees oor al die aksie hierdie Vrydag 3 Augustus in Parys, wanneer dié skuldiges sal moet opdok, of geboei moet wag vir borg.
Dit alles ten bate van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se pret met “Jail a bail”
“Lasbriewe” vir die “skuldiges” is gedurende Julie deur VVA versprei, tesame met ’n brief wat verduidelik waarvoor jy beboet word, en waarvoor die “boete donasie” aangewend sal word.
As jy ’n lasbrief ontvang het en nog nie die boete aan VVA oorbetaal het om arrestasie vry te spring nie, moet jy nou gou spring.
Vir diegene wat nie teen Vrydag 3 Augustus betaal het nie, wag daar die boeie-manewales vanaf 13:00.
Die beskuldigdes sal Vrydag na die “tronk” geneem word by die VVA-kantoor, Buitenstraat 18 in Parys.
“Vonnisoplegging” sal dieselfde dag nóg geskied, en ongelukkig sal die landdros dan die borg bepaal. Dit alles ten bate van hulle wat nood ervaar.
Kom deel in die pret en help op hierdie manier ook om ander te help – of jy nou een van die “skuldiges” is, of sommer net wil kom kyk en die pret geniet.
Op hulle beurt sal VVA teruggee aan die gemeenskap met drinkgoed en worsbroodjies vir die skuldiges en hulle wat die borg moet betaal. Geen aangeklaagde sal met ’n honger maag of droë keel gestraf word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button